Nuwe hoogtes vir Jannas-tennis

Hoërskool Jan Viljoen se gemengde eerstetennisspan het uitgeblink in die D2-liga.

Vanjaar het Hoërskool Jan Viljoen se gemengde eerstetennisspan in die D2-liga uitgeblink en algeheel tweede geëindig.

Hulle het in die halfeindrondte teen Krugersdorp High School (KHS) en in die eindstryd teen Hoërskool Monument gespeel.

“Matteo Nienaber, Sheldon Grey, Jean Kruger, Michelle Kruger, Dylan Badenhorst en Dawid Janse van Rensburg is almal deel van Jannas se eerstespan,” het Tammy Smith, Jannas-skoolwoordvoerder gesê.

Michelle het sover al haar enkelspelwedstryde gewen. Jean en Matteo is boonop gekies vir die Gauteng Wes-span.

“Ons is baie trots op ons skool se tennisspelers. Ons is gereed met twee vol spanne vir volgende jaar,” het sy bygevoeg.

Jean Kruger en Matteo Nienaber is gekies vir die Gauteng Wes-span. Foto ingestuur.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

Www free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version