Kyk hoe dans mamma!

Vir twee uur ‘n week kan onselfsugtige ma’s wat hulself deur die week afskeep, net ontspan en spontaan wees tydens die Fit Moms-klasse in Wilbotsdal.

Vir twee uur ‘n week kan onselfsugtige ma’s wat hulself deur die week afskeep, net ontspan en spontaan wees tydens die Fit Moms-klasse in Wilbotsdal.

Claudette Grobler, wat dié dansfiksheidklas in haar hoëhakskoene aanbied, dans al haar hele lewe lank en sy het vir vyf jaar haar eie ateljee gehad. Haar eerste kind is onlangs gebore en sy het besluit om terug te keer R’fontein toe nadat sy eers in onderskeidelik Potchefstroom en Johannesburg gewoon het.

“Na my eerste kind het ek weer begin dans om ‘n bietjie gewig te verloor. Ek het besef dat daar ‘n behoefte is vir ‘n dansklas vir ma’s, want ons skeep onsself baie af.

My doel met die klasse, wat ’n Christen-aanslag het, is om vir ma’s ‘n wegbreekkans te bied.

“Ons doen verskillende dansstyle, maar dis eenvoudige passies wat elke vrou kan doen en geniet. Die oudste vrou in die klas is 70 en die jongste is 16,” het die 28-jarige Claudette gesê.

Die dansfiksheidsklasse het ’n Christen-aanslag en daar is ook hip-hop-klasse vir die ma’s met kinders van jonger as 10 jaar. Foto: Jaco-Mari Futcher

Sy het in Mei met die klasse begin en vroue, jonk en oud, daag in hul massas op.

Hulle oefen op maat van al die bekende treffers deur die jare en aan die einde sluit hulle af met ’n Christen-dans. Daar is ook hip-hop-klasse vir die ma’s met kinders van jonger as 10 jaar.

“Oefening is so belangrik vir kinders. Dans help veral vir kinders met leerprobleme, daarom het ons dieselfde tyd ‘n dansklas vir kinders. Ek wil regtig net ‘n plek skep waar vroue kan ontspan, hulself kan wees en kan vergeet van al hul verantwoordelikhede en bekommernisse terwyl ons lekker saam lag en sweet.”

Claudette Grobler, wat dié dansfiksheidklas in haar hoëhakskoene aanbied, dans al haar hele lewe lank en sy het vir vyf jaar haar eie ateljee gehad. Foto: Jaco-Mari Futcher

Claudette beskou dans as ‘n goeie vorm van oefening, want dit oefen die hele lyf terwyl mens jouself kan geniet. Sy het gesê dat sy graag fiksheiddansklasse aanbied, want God het haar die talent gegee om te kan dans en sy hoop dat sy vroue se harte kan aanraak.

“Dans is goed vir die lyf en die siel,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version