’n Voormalige akrobatiese danser maak jong dansers touwys

Die uitdagende dansstyl was nog altyd Michelle Oppel se passie.

Plaaslike dansers se akrobatiese toertjies wen talle toekennings.

Michelle Oppel was vir jare self ’n akrobatiese danser voordat sy haar eie dansskool, Michelle’s Acrobatic Academy in 2005 begin het. Dié uitdagende dansstyl was nog altyd haar passie.

“Ek het vir 16 jaar gedans. Ek sal altyd baie lief wees vir die styl, maar ek het ’n ouderdom bereik waar ek nie meer sulke strawwe oefening kan doen nie, daarom gee ek nou klas.”

Akrobatiese danse het baie elemente van ritmiese gimnastiek, maar dit inkorporeer ook ballet en kontemporêre style.

Die dansskool het tans 15 dansers en hulle neem gereeld in spanverband aan groot danskompetisies deel. Hulle het tydens die Randfontein Kuns- en Kultuurassosiasie (Raca) 2018-kompetisie twee diamanttoekennings, 10 gouetoekennings en die ‘Spirit of Raca’-toekenning ontvang. Tydens vanjaar se Talent Africa het die dansers ses gouetoekennings en ses silwertoekennings gewen.

Volgens Michelle is vier jaar ’n goeie ouderdom om by ’n dansskool aan te sluit. Die jongste danser in die klas is ses jaar oud en die oudste is 17.

“Die kinders geniet dit baie en hulle oefen baie hard. Ons doen verskeie toertjies wat krag en inspanning vereis en hulle moet op mekaar kan vertrou. Akrobatiese dansers moet baie soepel wees,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version