Local sportSport

Rolbal bring klub en besigheid bymekaar

RCL Foods het hul jaarlikse sportdag by Randfontein Rolbalklub geniet.

Wat het Randfontein Rolbalklub en RCL Foods in gemeen? Beide het ‘n groot liefde vir rolbal, ‘n sport wat jonk en oud saam kan geniet.

Op Vrydag, 7 September, het RCL Foods hul jaarlikse sportdag by die Randfontein Rolbalklub geniet. Die hoogtepunt van dié dag was ‘n kos- en rolbalkompetisie asook die aansteeklike spangees.

Wynand Basson, Betsie Kamffer, Julie-Anne Venter en Gerde de Lange het aan die kookkompetisie deelgeneem. Foto: Jaco-Mari Futcher

“RCL Foods hou elke jaar ‘n sportdag en hierdie jaar het hulle besluit om dit by die rolbalklub te hou. Rolbal is ‘n sport wat almal kan geniet en dis lekker om te sien hoe dit mense van verskillende ouderdomme bymekaar bring. Ons wil ook ‘n besigheidsliga met RCL Foods en ander groot besighede in die omgewing begin om die sport in die dorp te bevorder,” het Tommy Parrot, president van Randfontein Rolbalklub gesê.

Lede van dié rolbalklub het saam met RCL Foods se werknemers gekuier. Daar was boonop musiek en lekker kos tydens die sportdag.

Solly Tseise van RCL Foods speel ‘n potjie rolbal tydens die sportdag. Foto: Jaco-Mari Futcher

Francois Roets van RCL Foods het gesê dat die doel van dié sportdag is om vir die werknemers ‘n wegbreekkans van die harde en stresvolle werk te gee.

“Die RCL-werknemers neem vandag deel aan die rolbalkompetisie en ons is ook almal opgewonde om deel van die koskompetisie te wees. Dis die eerste keer dat dié maatskappy rolbal speel tydens die jaarlikse sportdag, maar ons geniet dit en ons toon ons ondersteuning vir plaaslike sportklubs.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button