School sportSport

Riebeeckrand slaan barshou op gholfdag

Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse gholfdag is met baie entoesiasme deur inwoners van die dorp en plaaslike besighede bygewoon.

Hoërskool Riebeeckrand het op Vrydag, 7 September hul jaarlikse gholfdag by die Randfontein Gholfbaan aangebied en dié geleentheid was ‘n groot sukses.

Volgens Janco Tiedt, Hoërskool Riebeeckrand se sportbestuurder word die gholfdag jaarliks met baie entoesiasme deur inwoners van die dorp en plaaslike besighede bygewoon.

Pieter Grobbelaar het ‘n potjie gholf tydens Hoërskool Riebeeckrand se gholfdag geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die gholfdag is jaarliks ‘n groot fondsinsameling vir die skool en ons is baie dankbaar vir almal wat vanjaar weer deel was daarvan,” het hy gesê.

“Dit is iets waarna mense jaarliks uitsien. Hier heers ‘n goeie gees en almal geniet dit. Hier is verskeie stalletjies van die skool asook besigheide van Randfontein en elkeen bied iets anders, soos oulike kompetisies of iets om te eet of drink vir die gholfspelers,” het Janco gesê.

Janco Tiedt het ‘n potjie gholf tydens Hoërskool Riebeeckrand se gholfdag geniet. Foto: Jaco-Mari Futcher

Die borge wat dié dag moontlik gemaak het, is Lepat Boerdery, Jonrik Mining and Engineering. en Galileo Risk Insurance.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button