School sportSport

Talle Rappies haal Gauteng Wes-span

Sewe van Laerskool Rapportryers se top krieketspelers het besonders goed gevaar tydens die proewe.

Sewe van Laerskool Rapportryers se top krieketspelers het besonder goed gevaar tydens die proewe en het die Gauteng-Wes Krieketspan gehaal.

“Geluk aan Rappies se krieketspelers wat die Gauteng-Wes Krieketspan gehaal het. Ons is baie trots op Juanrey Zaayman, Pieter Steenekamp, Antonie van Niekerk, Dillen Stolz, Conrad Brandt, Albert van der Merwe en Tiaan Hendriks,” het Roleen Olivier, Rappies se woordvoerder gesê.

“Leerders wat die streekspan haal en goed presteer sal dan kan deelneem aan die proewe om die Gauteng-span te kies. Ons is baie trots op ons skool se krieketspelers en ons is opgewonde om te sien hoe ver hulle dit sal bring,” het sy bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button