Krieket op ‘n prettige manier by Ram

Ram het op Woensdag, 22 Augustus ‘n minikrieket-byeenkoms vir o.6's tot o.8's op hul sportterein aangebied.

Sport is veral op skoolvlak baie kompeterend maar Laerskool Randfontein (Ram) probeer dit verander.

Die skool het op Woensdag, 22 Augustus ‘n minikrieket-byeenkoms op hul sportterrein aangebied.

Volgens Hannes Muller, die organiseerder, kry vier skole in die omgewing elke jaar die geleentheid om dié byeenkoms aan te bied.

Botshelo Selowa het vir die o.7’s gespeel. Foto: Jaco-Mari Futcher

“Die rede waarom verskillende skole die byeenkoms aanbied, is om al die skole in die omgewing by die sport te betrek,” het Hannes gesê.

Volgens Hannes het Laerskool Rapportryer verlede week dié byeenkoms aangebied. Volgende week kry Randfontein Primary ‘n beurt en daarna is Westgold die gasheer.

Dis ‘n vriendskaplike byeenkoms en daar word nie telling gehou tydens wedstryde nie. “Daar is geen wenners vandag nie, maar elke speler kry ‘n sertifikaat by hul afrigter vir hul deelname. Daar is geen kompetisie tydens dié byeenkomste nie, want ons wil sport lekker maak vir die jong spelers,” het hy gesê.

Janco de Jager het vir die o.7’s gespeel. Foto: Jaco-Mari Futcher

Terwyl die harde musiek wat oor die luidsprekers gespeel het, ‘n lekker atmosfeer geskep het, het die nege skole teen mekaar gespeel.

Elke span het agt spelers en elkeen het vyf balle gekry om te gooi en te slaan, sodat elke speler ewe veel speeltyd kon kry.

Die 17 spanne die nege skole se o.6’s tot o.8’s ingesluit. Laerskole met kleuterskole kon ‘n o.6-span inskryf en dogters en seuns het saam in spanne gespeel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version