Riebeeckranders bobaas ringbalspelers

Twee leerders en ‘n personeellid is gekies om Suid-Afrika in hul onderskeidelike afdelings te verteenwoordig.

Hoërskool Riebeeckrand spog met twee leerders en ‘n personeellid wat gekies is om in hul onderskeie afdelings vir die Suid-Afrika se ringbalspan te speel.

“Juffrou Chanéy Linder is vroeër vanjaar in die Wes-Rand Dames A-ringbalspan opgeneem en twee leerders, Chiane Visagie en Megan Engelbrecht is in die Wes-Rand o.15A-ringbalspan opgeneem,” het Elzeri Wright, Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Gedurende die Julie-skoolvakansie het hul spanne aan die nasionale ringbaltoernooi deelgeneem waartydens Chiane as o.15-speler van die toernooi aangewys is.

“Dié drie Riebeeckranders het hope talent, en is na afloop van die toernooi in SA-spanne opgeneem,” het Elzeri gesê.

Chanéy is in die seniordames SA-span opgeneem en Chiane en Megan is in die o.15 SA-span opgeneem. Hulle speel op 18 Augustus hul eerste vertoonwedstryd in Middelburg, en volgens Elzeri is hulle baie opgewonde oor hul ringbaltoekoms.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version