School sportSport

Hoërskool Riebeeckrand skuts beïndruk in Kanada

Randfontein Herald, Jaco-Mari Futcher, Archery, boogskut, Nasionale Boogskiet Skoleprogram All-Star Kampioenskappe, NASP, Calgary, Kanada Olimpiese Park

Drie matriekleerders van Hoërskool Riebeeckrand het aan die National Archery in the Schools Program (NASP) All-Star Championships in Calgary by die Kanada Olimpiese Park van 9 tot 11 Julie deelgeneem.

Jacques de la Rouviere, Megan Robins en Francois Martins is deur Frik Birkenstock, Protea-afrigter en spanbestuurder van die SA Junior Protea-span, vergesel.

“Die verskillende spanne was baie kompeterend, maar almal was steeds vriendelik met mekaar. Ons het baie goed gevaar en ons span het algeheel tweede geëindig,” het Megan gesê.

Megan was vyfde in die dogters kategorie en Jacques en Francois het onderskeidelik die 26ste en 27ste plekke in die algehele seuns kategorie behaal.

Die kampioenskappe was vir Jacques ’n ervaring wat hy nie gou gaan vergeet nie. “Dit was ’n eer om te kon deelneem op so ’n vlak. Ons het baie hard geoefen voor die kampioenskappe, want ons wou as span en as individuele skuts net ons beste gegee het.”

Megan het gesê dat sy baie nuwe vriende van ander lande gemaak het en dat sy opgewonde is om deur middel van sosiale media steeds in kontak met hul te bly.

Die skoolhoof van Hoërskool Riebeeckrand, Annelize van den Berg, het ook haar ondersteuning tydens die kamioenskappe gewys. Sy was met vakansie in Kanada en het besluit om die byeenkoms by te woon.

Daar is nog drie groot kompetisies waaraan hulle in 2018 gaan deelneem en al drie skuts beplan om na hul matriekjaar by klubs aan te sluit sodat hulle kan aanhou vebeter.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button