School sportSport

Jannas-rugbyspanne laat die oë rek

Twee van Jannas se rugbyspanne het tydens die finaal van die Goue Leeus-liga as wenners uit die stryd getree.

Hoërskool Jan Viljoen is ongelooflik trots op ‘n baie suksesvolle rugbyseisoen. Drie van hul rugbyspanne het in die finaal van die Goue Leeus-liga gespeel.

Die o.14-rugbyspan het ‘n baie harde wedstryd teen die span van Hoërskool Fochville gehad en het uiteindelik met ‘n telling van 17–10 as wenners uit die stryd getree.

Drie van Jannas se rugbyspanne het in die finaal van die Goue Leeus-liga gespeel. Foto verskaf.

Die o.15’s het ongelukkig naelskraap teen Leeuwenhof Akademie verloor.

Die o.16’s was onoorwonne in die liga en hulle was ook nie van plan om dié status in die eindstryd prys te gee nie. Hulle het die wedstryd teen Hoërskool Fochville met ‘n telling van 28–12 gewen. Dié spelers wat volgende jaar Jannas se senior span sal uitmaak, moet beslis dopgehou word.

“Jannas se leerders, personeel en ouers is ongelooflik trots op elke speler en afrigter wat ure geoefen het en Jannas se naam die hele seisoen hoog gehou het,” het skoolwoordvoerder Tammy Smith gesê.

Jannas se trotse o.16-span met afrigters Fanie Schoonraad en Marco Naude (middel agter). Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button