Riebeeckrand-eersterugbyspan wen liga!

Hoërskool Riebeeckrand glimlag van oor tot oor nadat hul eersterugbyspan die liga gewen het.

Personeel en leerders van Hoërskool Riebeeckrand glimlag van oor tot oor nadat hul eersterugbyspan die liga gewen het.

Op Saterdag, 14 Junie is die kampioene gekroon toe hulle vir Leeuwenhof Akademie in ‘n spannende eindstryd met 34–29 geklop het.

Riebeeckrand se groot rugbyborg, Mapogo Security, het die seuns op Vrydag, 22 Junie met ‘n ontbyt bederf om hul oorwinning te vier.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, speel die eerstespan en die o.16’s – wat derde in hul liga geëindig het – op 28 Julie in die kwalifiserende wedstryde van die Virseker Beker-kompetisie.

Die eersterugbyspan het gedurende hul seisoen 20 wedstryde gespeel waarvan hulle 13 gewen het.

Goeie oorwinnings die afgelope seisoen sluit in teen Jan Viljoen – waar Riebeeckrand vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wenners uit die stryd getree het; teen Linden waar Riebeeckrand naelskraap met 27–26 geseëvier het, asook ‘n oorwinning van 25–17 teen Dinamika.

Bo en behalwe die span se uitsonderlike prestasies is die eerstespankaptein, Christoff Kleyn in die Goue Leeus Akademie 15-tal opgeneem.

“Ons wens die seuns en hul afrigter, Stephan Earle, geluk met hul pragtige prestasie. Ons is ook baie trots op Christoff en wens hom alle sterkte toe met sy rugbyloopbaan,” het Elzeri gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version