Balletstudente van die Melissa Badenhorst Dance Studio het onlangs baie goed presteer tydens die jaarlikse American Performance Awards.
Die toekennings word internasionaal erken.
Volgens Melissa Badenhorst, eienaar en dansinstrukteur van die ateljee, was die dansoptredes baie pret vir die dansers én die toeskouers.
Dit was vir die dansers ‘n bonus om met soveel toekennings weg te stap.
“Dit is van kardinale belang dat studente die geleentheid kry om hul tegniese vermoëns en verhoogpersoonlikhede te demonstreer in ‘n niemededingende omgewing,” het Melissa gesê.
Gouemedaljes is aan 13 van Melissa se studente toegeken en twee van hulle, Caitlin de Sousa en Isabella de Sousa, het beurse van The American Ballet Academy ontvang. Hulle gaan in 2019 ‘n somerskool in New York bywoon.
Christelle Vosloo, Oratile Kgenwe, Lailah Matthews, Nicole Willemse, Caitlin, Delané J van Vuuren, Isabella, Chelné Olivier, Krana Potgieter, Abigail Potgieter, Wyntah Blokdyk, Anais Weeks en Carla van de Westhuizen het gouemedaljes ontvang.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!