School sportSport

Rappies blom op die netbalbane

Laerskool Rapportryer se netbaldogters speel die bane aan die brand.

Laerskool Rapportryer se netbaldogters speel die bane aan die brand – getrou aan hul skool se leuse ‘Fier en Vasberade’.

Die eerste- en tweedespan het met hul oortuigende oorwinning oor Laerskool Randfontein gewys dat hulle die hef in die hand het.

Dié twee spanne se spel het die hele netbalseisoen daarvan getuig dat hulle gemotiveer is en wil presteer. Uit die vyf ligawedstryde en vyf vriendskaplike wedstryde wat hulle agter die rug het, het albei spanne net een ligawedstryd verloor.

Hul afrigters, Magda Swart en Mariska du Plessis het hul seisoen so opgesom: “Ons huil by die oefening en lag by die wedstryde”. Selfs Maragon Privaat Skool se spanne het in die slag gebly.

“Dogters, Rappies is supertrots op julle. Baie geluk met ’n puik seisoen!” het skoolwoordvoerder Roleen Olivier gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button