Welpierugby en mini-netbal is Saterdag, 19 Mei op die sportvelde van Laerskool Rapportryer aangebied.
Daar was 1 500 seuns en dogters uit 12 skole wat die dag bygewoon het.
Die skole wat deelgeneem het is Hasie Kalbassie, Laerskool Dagbreek, Laerskool Dr Havinga, Laerskool Ebenhaeser, Laerskool Fochville, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Horison, Laerskool Randfontein, Laerskool Rapportryer, Laerskool Roodekrans, Monument Primary en Westgold Primary.
Almal het hul harte uitgespeel en is natuurlik deur hul ouers langs die veld ondersteun. Daar was ook pret met ‘n opblaas-dinosourus, wat vir baie van die kinders die hooftrekpleister was.
Die koue het niemand afgeskrik nie en dit was ‘n suksesvolle dag,” het Roleen Olivier, skoolwoordvoerder gesê.
Die skool bedank al die borge wat tot die sukses bygedra het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!