School sportSport

Jannas se jukskeispelers blink uit

Daar was 16 spanne wat meegeding het vir medaljes by die kompetisie.

Drie leerders van Hoërskool Jan Viljoen het van 28 April tot 4 Mei aan die Namibiese Jukskei Kampioenskappe in Stampriet deelgeneem.

Ruan Steyn, Dalèèn Nel en Talita Steyn het SA verteenwoordig en het hul wedstryde van 1 tot 3 Mei gespeel.

Dalèèn Nel is as speler van die wedstryd aangewys. Foto: Ingestuur

Ruan was in die SA o.19-seunspan wat in die A-afdeling gespeel het waar 16 spanne meegeding het vir medaljes. Ruan-hulle was die enigste juniorspan wat in die kompeterende afdeling gespeel het. Hulle moes meeding teen 10 ander SA-spanne en ander uitnodigingspanne van Namibië en SA. Hulle het 11de geëindig in die afdeling.

Dalèèn en Talita was in die SA o.16-dogterspan wat in die B-afdeling gespeel het waar daar ook 16 spanne meegeding het vir medaljes. Hul span het die silwermedalje verower.

Die SA o.19 jukskei spelers. Foto: Ingestuur.

Op 4 Mei is die toetswedstryde tussen SA en Namibië gespeel. Die SA o.19-seuns het 8–7 verloor en moes tevrede wees met die silwermedalje.

Die SA o.16-dogterspan het hul toetswedstryd met 10.5–4.5 gewen en dus die gouemedalje verower. Dalèèn Nel is ook as speler van dié wedstryd aangewys.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button