School sportSport

Rappies klop Ram ‘n eerste keer in sewe jaar

Die Ram-eersterugbyspan se lang en indrukwekkende segetog oor Rappies het Dinsdagaand tot 'n einde gekom.

Laerskool Randfontein se oorheersing op die rugbyveld het Dinsdagaand, 15 Mei tot ‘n einde gekom.

Die Rappies-eersterugbyspan het Ram met ‘n telling van 29–5 kafgedraf. Dit was ook die eerste keer in sewe jaar dat ‘n eersterugbyspan dit kon regkry.

Die hoofwedstryd sou om 5.35nm afskop maar nadat Ram se trompoppies eers ‘n uitstekende vertoning gelewer het, het dit om 5.50nm begin. Hoewel dit toe al lekker koud was, was dit vuurwarm op die rugbyveld.

Rappies het eerste toegeslaan en in die 10e minuut het hul kragman en stut Danie Pieterse ‘n pragdrie gedruk. Hul losskakel, Dillen Stolz het verdoel en die telling was 7–0 vir Rappies.

Ram het vinnig teruggeslaan met ‘n spoggerige individuele drie deur hul slot en nog ‘n voorspeler reg in die hoekie. Die drie is nie verdoel nie en die telling was 7–5 in Rappies se guns.

Rappies het toe keer op keer aangeval en uiteindelik ‘n strafskop gekry wat Dillen oorgeklits het. Ram het kort voor rustyd ‘n reuse aanslag geloods en op Rappies se doellyn geboer, maar kon nie deurbreek nie.

Die rustydtelling was 10–5 in Rapportryer se guns.

Toe die tweede helfte begin was Rapportryer ‘n span met ‘n missie – om Ram se segetog van sewe jaar te verbreek.

Vroeg in die tweede helfte het Rapportryer se skrumskakel, Heinrich Albrecht, naby Ram se doellyn om die skrum gebreek om Rapportryer se tweede drie te druk.

Rappies se losskakel kon nie die drie verdoel nie en die telling was 15–5 in Rappies se guns, met 17 minute speeltyd oor.

Vyf minute later was Rappies weereens op Ram se doellyn en dié keer was dit Rappies se nommer vyf slot (Edzard) se beurt om oor die doellyn te duik met drie Ram-spelers op sy rug.

Rappies se losskakel het die drie verdoel en die telling was 22–5 met 10 minute speeltyd oor.

Maar Rappies was nog nie klaar nie. Vyf minute voor die eindfluitjie sou blaas het Rapportryer se groot nommer sewe flank (Triston Smith) Ram se lynstaanbal sy eie halfgebied afgeneem. Die Rappies-span het met sterk hardlooprugby tot vyf meter van die Ram-doellyn af gevorder.

Die einste Triston die lynstaanbal in die hande gekry en ‘n kragdrie gedruk.

Rappies se losskakel het die drie verdoel en die eindtelling op 29–5 te staan gebring.

Puntemakers:
• Drieë: Danie Pieterse, Heinrich Albrecht, Edzard en Triston Smith.
• Doelskoppe: Dillen Stolz (3)
• Strafskop: Dillen Stolz (1)

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button