Riebeeckranders in D2-/ D12-span

Riebeeck is ook baie trots op Leruchka de Villiers en Amoné Erasmus.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Owethu Bobo wat vir die tweede agtereenvolgende jaar in die D2-/ D12-hokkiespan opgeneem is.

Riebeeckrand wens Owethu voorspoed toe met al die wedstryde wat vir hom en sy Suid-Gauteng hokkiespan voorlê.

Riebeeck is ook baie trots op Leruchka de Villiers en Amoné Erasmus wat vanjaar na die tweede ronde van die D2-/ D12-hokkieproewe vir o.18’s deurgedring het.

“Ons is baie trots op ons eie hokkiesterre!” het Elzeri Wright, Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version