School sportSport

Wonderlike dag van Welpierugby en mini-netbal

'n Ongelooflike 87 rugbyspanne (o.6 tot o.8) en 100 netbalspanne (o.6 tot o.9) het deelgeneem.

Op Saterdag, 5 Mei het Laerskool Randfontein (Ram) ‘n wonderlike dag van Welpierugby en mini-netbal op hul sportterrein aangebied. Dit was deel van hul jaarlikse Goudfees wat altyd ‘n hoogtepunt vir die skool is.

Volgens Robbie van Coller, onderwyser by Ram het toeskouers en spelers reeds van 7vm af deur die skool se hekke gestroom.

“Teen 8vm was die parkeerterrein al vol,” het Robbie vertel.

Daar het altesaam 14 skole aan die sportbyeenkoms deelgeneem – Laerskool Alma Mater; Bryanston Parallel Medium; Curro; Laerskool Dagbreek, Dr Havinga, Florida, Fochville, Glenharvie, Horison, Krugersdorp-Noord, Randfontein en Rapportryer; Hasie Kalbassie en Westgold. ‘n Ongelooflike 87 rugbyspanne (o.6 tot o.8) en 100 netbalspanne (o.6 tot o.9) het deelgeneem.

Welpierugby en mini-netbal het vir groot opwinding gesorg.

‘n Heerlike gees het geheers met ouers, familie, vriende en natuurlik die spelers orals te sien. Daar was lekker kos- en ander stalletjies en die weer het mooi saamgespeel.

Natuurlik het die pa’s hul seuns luidrugtig langs die kantlyn aangemoedig en die mammas was nie ver agter langs die netbalbaan nie. Plaaslike sanger Nadine Maré het met haar pragtige stem die dag nog beter gemaak, en die kinders het saamgedans voor die verhoog waar sy opgetree het.

Die fees was ‘n groot sukses en almal het die dag by Ram baie geniet.

Steers, Ocean Basket, EPR-sekuriteit en Steers was die borge en Sports4u het vir die handelsmerke gesorg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button