Local sportSport

Gemma, ‘n ballerina om dop te hou

Gemma se mikpunt is om haar internasionale onderwyserseksamen deur RAD te slaag, asook haar musiekgraad deur Unisa te behaal.

Gemma Botha, ‘n leerder van Hoërskool Jan Viljoen, het op die ouderdom van drie jaar by Dans á Volanté Dansskool aangesluit, en van daar af was daar geen keer aan haar nie.

Dié dansskool is geakkrediteer deur The Royal Academy of Dance (RAD) in Londen waar puik standaarde gehandhaaf word. Toe sy vyf was, het sy haar eerste RAD-balleteksamen – en vele daarna – met lof geslaag, alles onder leiding van Melissa Badenhorst.

Gemma en haar dansmaats het deur die jare uitgeblink by vele kunstefeeste (RACA, NEA en NW), asook The American Performance Awards en hulle het talle eerste plekke by The Roodepoort Dance Festival behaal.

Die dansgeselskap is ook al genooi om by die Randfontein Skou, skole, verskeie kerke en feeste op te tree. Sy is in 2017 op Unisa se ererol geplaas vir haar uitstaande prestasie in haar musiekeksamen onder leiding van Letzi Lottering Musiekskool.

Gemma se mikpunt is om haar internasionale onderwyserseksamen deur RAD te slaag, asook haar musiekgraad deur Unisa te behaal voor sy haar skoolloopbaan voltooi. Haar droom is om eendag haar eie dansskool te begin waar sy haar passie aan ander kan oordra.

Tammy Smith, Hoërskool Jan Viljoen se woordvoerder het gesê Gemma is nie net ‘n ballerina nie. Sy is ook lid van Jannas se o.14A-netbalspan. Sy is onder die Top 10-leerders vir Akademie in haar graad en is haar graad se verteenwoordiger by die VRL.

“Gemma is beslis ‘n dogter om dop te hou,” het Tammy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button