Local sportSport

Dorp se uitblinkeratleet mik na 2020 Olimpiese Spele

Randfontein se uitblinker langafstandatleet Cornelia Joubert mik vir 'n plek in die SA-span vir 2020 Olimpiese Spele ten spyte van uitdagings.

Cornelia Joubert, ‘n bekende op die atletiekbaan gaan nie toelaat dat iets haar keer om oor twee jaar aan die Olimpiese Spele in Tokio, Japan deel te neem nie.

Cornelia, 29, die huidige SA Halfmaratonkampioen het onlangs haar land tydens die Wêreld Halfmaratonkampioenskappe in Valencia, Spanje in effens moeilike omstandighede verteenwoordig.

Alhoewel sy haar beste gegee het en uiteindelik 91e uit 121 vroue in ‘n tyd van 78 minute en 31 sekondes geëindig het, het haar afrigter, Hein Mare vertel dat swak administrasie ‘n groot probleem is en ‘n rol speel in SA-atlete se prestasies.

Cornelia Joubert, ons eie uitblinkeratleet wat haar nie steur aan die uitdagings nie, en net op die 2020 Olimpiese Spele fokus.

“Eerstens is Cornelia se naam eers twee tot drie weke voor die kampioenskappe amptelik vir deelname aangekondig.

“Sy sou boonop eers die Woensdag (drie dae voor die kampioenskappe) gevlieg het, maar dit het nie gebeur nie weens visumprobleme. Sy het toe teruggekom Randfontein toe en is eers die volgende middag terug OR Tambo-lughawe toe en kon toe darem vertrek. Sy het 5nm die volgende dag, Vrydag, daar aangekom – 24 uur voordat sy die res van die wêreld moes aandurf en haar land verteenwoordig. Ek dink dit is baie swak reëlings deur Atletiek Suid-Afrika.”

Intussen is Cornelia hard aan die oefen en fokus op ‘n plek in die SA-span vir die Olimpiese Spele in 2020. Sy het gesê die gaping tussen die langafstandatlete van SA en dié van Ethiopië en Kenia is groot.

“Die Olimpiese Spele is enigiemand se droom. Dit is my passie om te hardloop en ek doen dit vandat ek nege jaar oud is,” het Cornelia gesê.

Meer oor Cornelia:

• Sy het in Junie verlede jaar die SA Halfmaraton (21,1km) in PE gewen in ‘n tyd van 72 minute en 31 sekondes.

• Sy spesialiseer in langafstande – enigiets van 10 000 meter en meer. Sy geniet veral die halfmaratonne – die 21,1km is haar gunsteling.

• Sy was in 2013 die SA Maratonkampioen.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button