Fietsryers pak die Maluti Double 90

'n Totaal van 24 fietsryers van Randmark gaan die gedugte Maluti 90 Challenge-wedren aandurf op 14 April.

Op Saterdag, 14 April gaan 24 fietsryers van die Randmark Fietsryklub die gedugte Maluti Double 90 Challenge aanpak.

Daar word in spanverband deelgeneem aan die fietswedren wat oor 180km strek, en is in die vorm van ‘n spantydtoets. Elke span bestaan uit 12 ryers, waarvan ses ryers die uitdaging moet voltooi sodat die span vir ‘n medalje kan kwalifiseer.

Die fietsren begin in die prentjiemooi Clarens in die Oos-Vrystaat waarvandaan daar na Bethlehem en Kestell gery word. Die spanne se helpers wag vir hulle in Kestell waar hulle vir die ryers nuwe waterbottels en padkos sal gee.

Daarna begin die moeilikheid in die vorm van die Golden Gate Nasionale Park. Met name soos mineshaft begin die ryers te klim tot op ‘n hoogte van 2 000 voet (610m) bo seespieël. Sodra Golden Gate agter die rug is, is die laaste 20km afdraand tot by die eindpunt in Clarens.

Nico Smit, Shaun Botha, Dries Odendaal, Susan Botha, Louisa Douglas en Peter Koen met Linda Stander (heel voor).

Volgens die klub word daar die afgelope drie maande elke naweek hard geoefen en lang ure en afstande in die saal gespandeer.

Twee van Randmark se spanne het vanjaar vir hierdie moordende wedren ingeskryf. Fietsry is ‘n familiesport, wat bewys word deur die feit dat daar uit die klub se geledere ‘n pa en dogter (Jan en Lee Kotze), ‘n pa en seun (Nico en Tiaan Smit), ‘n egpaar (Shaun en Susan Botha) en dan sommer ‘n hele gesin (Johan, Irene en hul dogter Jana Jonker) gaan deelneem.

Randmark 1 bestaan uit Danie Steyn, Poenie van Niekerk, Marius Geyser, Annemarie Jacobs, Talita Botha, Evert Vermeulen, Paul Kotze, Johan Jonker, Jan Basson, Jannie Tiedt, Jana Jonker en Irene Jonker.

Randmark 2 se spanlede is Nico Smit, Tiaan Smit, Jan Kotze, Lee Kotze, Peter Koen, Dries Odendaal, Johan Botha, Shaun Botha, Susan Botha, Louisa Douglas, Lizeth Rowan en Linda Stander.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version