Ram ry vir goeie doel

Skool: Dit was vir die leerders goed om die volwassenes te sien deelneem en dit het hulle nog meer opgewonde gemaak om self die baan aan te durf.

Laerskool Randfontein was op die laaste dag van die eerste skooltermyn ‘n miernes van bedrywighede.

Dit was hul gewilde Kaskardag en fondsinsamelingsgeleentheid – die ideale manier om ‘n baie besige termyn af te sluit.

Al die leerders wat R350 ingesamel het, sal later op ‘n uitstappie na die Pines-plesieroord in Krugersdorp gaan.Melani Bosman, een van die organiseerders het vertel dat daar by vanjaar se Kaskardag allerhande nuwighede soos ‘n watertonnel, nuut geverfde kaskarre en springkastele was. Daar was ook kos te koop.

Die tema was ‘Rammies Race Dakar’. Die leerders het alles ingesit om die uitdaging te probeer wen, en dit boonop geniet.

“Dit is ons pretdag waarop die leerders in hul kaskarre met mekaar meeding. Dit is ‘n kompetisie tussen die leerders en die klasse,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

“Die pretdag het begin met ‘n kaskarwedren waartydens lede van die skoolbestuur mekaar die stryd aangesê het. Die Graad 7’s het die kaskarre gestoot. Dit het ‘n dolle gejaag afgegee en was groot pret. Dit was vir die leerders goed om die volwassenes te sien deelneem en dit het hulle nog meer opgewonde gemaak om self die baan aan te durf,” het sy verduidelik.

“Die kinders leer boonop nuwe vaardighede aan. Aan die begin ry hulle teen al die buitebande rondom die baan was, maar wanneer hulle die tweede keer om die baan ry, begin hul bestuursvermoë al verbetering toon. Dit is baie goeie oefening vir die leerders en hulle raak ook van hul surplus energie ontslae,” het Annie gesê.

Sy het die organiseerders hartlik bedank vir hul moeite om die dag so ‘n sukses te maak.

Die tema was ‘Rammies Race Dakar’.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version