School sportSport

‘n Atletiekseisoen en ‘n half vir Jannas

Hoërskool Jan Viljoen beleef 'n uitstaande atletiekseisoen.

Daar kan gerus met Hoërskool Jan Viljoen se atlete rekening gehou word.

Veral Angelique van Niekerk, ‘n driesprongatleet beleef tot dusver ‘n uitstekende seisoen op die atletiekveld. Sy het nie net die rekord in driesprong vir dogters o.17 na 11,09 meter verbeter tydens die Interhoër nie, maar selfs vir die Gauteng- en die SA Kampioenskappe gekwalifiseer.

Colin Henn in aksie. Foto: Brenda Henn.

Die skool het in die algemeen gedurende Februarie in verskeie byeenkomste uitgeblink en selfs een byeenkoms gewen.

Op 2 Februarie was hulle in Fochville maar reën het die byeenkoms gekortwiek. Sewe dae later, op 9 Februarie was Jannas die gasheer en uiteindelike wenner van ‘n tuisatletiekbyeenkoms waaraan vyf ander skole naamlik Roodepoort, President, Jan de Klerk, Adelaar en Maragon deelgeneem het.

“Ons atlete het hul goed van hul taak gekwyt en ten spyte van sterk kompetisie gewen,” het skoolwoordvoerder Tamaryn Smith vertel.

Op 13 Februarie tydens die Interhoër by die DP de Villiers Stadion in Sasolburg het Jannas vyfde uit agt skole geëindig.

“Weereens het ons leerders gewys wat in hulle steek. Angelique het ‘n rekord verbeter en ons het heelwat eerste, tweede en derde plekke behaal,” het Tamaryn het bygevoeg,

Carliska Sprong van Jannas in aksie. Foto: Ryan Keller.

‘n Dag later, op 14 Februarie het Jannas se Top 12-atlete aan Tukkies se Top 10-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Daar het dit goed gegaan met die atlete. Hulle het hul persoonlike beste tye en afstande verbeter. Almal saam se gemiddelde Absa-punte was 695.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button