Twee van Riebeeck haal Wes-Randse o.30 Jukskeispan

Twee Riebeeckranders het nuwe hoogtes bereik in jukskei.

Twee leerders van Hoërskool Riebeeckrand het nuwe hoogtes in jukskei bereik deur die Wes-Randse o.30 Jukskeispan te haal.

Hulle is Ju-hanie Wilken (Graad 12) en Tiaan Wilken (Graad 10).

Volgens die skool is albei baie opgewonde om die Wes-Rand by die SA-seniorkampioenskappe gedurende die April-skoolvakansie in Kroonstad te verteenwoordig.

Hulle het ‘n groot passie vir jukskei en is voorwaar twee uitblinkers in die sport. Ju-hanie spog met 12 jaar se jukskei-ervaring en Tiaan speel reeds 11 jaar lank. Albei leerders het Lourierkleure by die skool verwerf vir hul uitmuntende prestasies in jukskei.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die twee leerders en wens hulle alle sterkte toe met hul wedstryde by die SA-kampioenskappe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version