Local sportSport

R’fontein Gholfklub Kampioen aangewys

Die kampioenskappe het oor twee dae gestrek.

Die Randfontein Gholfklub was op Saterdag 17 Maart die gasheer vir nagenoeg 45 spelers – lede en nie lede – wat hard geswoeg het vir die titel as Klubkampioen.

Die jongeling wat verlede jaar as kampioen gekroon is, die 13-jarige Hannes Strooh, het egter weer bewys dat hy ‘n ware kampioen is toe hy die titel as Randfontein Gholfklub Kampioen suksesvol verdedig het. Hy speel van kleins af gholf en sy held is die gholfspeler Tiger Woods.

Hannes Strooh, Randfontein Gholfklub Kampioen.

Sy pa en naamgenoot, wat ook deelgeneem het, het trots gesê, “Hannes het met sy telling van 70 en 77 die toernooi met sewe houe gewen, asook die trofee vir die beste netto-telling verower. Dit is ‘n besondere prestasie vir so ‘n jong seun in die gholfwêreld.”

Tiaan du Plooy, wat al 10 jaar lank Randfontein Gholfklub se Klub-pro is, het aan die Herald vertel dat al die gholfklubs in Sentraal-Gauteng hul eie klubkampioenskappe hou.

Hannes Strooh, die Randfontein Golf Klub Kampioen.

Die Herald het ook met ‘n paar ander deelnemers gesels. Jason Thackwray, 25, het gesê hy het groot pret gehad. Ernst da Silva, ‘n lid van die klub wat die afgelope vier jaar gholf speel, het laggend gesê dat hy “so-so” gespeel het.

Die uitslae is soos volg:

In die Kampioen A- en B-afdeling was die speler met die beste groottotaal Hannes Strooh met 147 en hy het Kampioen gebly. Tweede was Ramon Kritzinger (154) en derde was Oscar Letsetedi (155).

In die B-afdeling was die wenner Franco Alberts (167), Vuki Lesele was tweede (168) en derde was Noeks Bezuidenhout (168).

In die C-afdeling (Indiv Stableford), was die wenner Doug Corbett (69), tweede Phrashant Kathard (68) en Etienne Els (68) was derde.

In die Adam Cup – Beste Netto-telling was die wenner weer Hannes (145), met Ian Fouchè (146) in die tweede plek.

In die Besoekersafdeling (Indiv Stableford) was die wenner Leigh Muller (61).

Klubdirekteur, Harry Richards, wat al sedert 1975 aan die Randfontein Gholfklub verbonde is, het gesê dit was ‘n baie lekker, suksesvolle naweek.

Die Klub bedank graag vir Lombaard Tyres vir die borgskap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button