School sportSport

Drie leerders kry wit baadjies

Skoolwoordvoerder: Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en die hoogste toekenning wat ‘n leerder kan ontvang.

Nes die groenbaadjie ‘n gesogde kleding en erkenning vir professionele gholfers oorsee is, beteken die wit baadjie net so veel vir Riebeeckranders.

Hoërskool Riebeeckrand het verlede maand (Februarie) hul akademiese prysuitdeling gehou om vir hul leerders erkenning te gee vir hulle harde werk gedurende 2017.

Drie leerders, Franco Venter (gr 10), Suzaan Dell (gr 11) en Ju-hanie Wilken (gr 11) is met hul lourierkleure (wit baadjie) vir akademie vereer.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is dit ‘n uitsonderlike prestasie en die hoogste toekenning wat ‘n leerder kan ontvang.

Verder het nog leerders van gr 8 tot 11 hul sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë ontvang as beloning vir hul harde werk in 2017.

“Riebeeckrand se hoof en personeel is onsettend trots op al die leerders – voluit vir Riebeeckrand!” het Elzeri gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button