School sportSport

Rappies-rugbyseuns blink uit in Ierland

Twee leerders was deel van 'n uitnodigingspan.

Tydens die Desember-vakansie het Laerskool Rapportryer se uithaler rugbymanne, Xander Wray en Armand Pretorius hul skool in Ierland verteenwoordig – so vertel skoolwoordvoerder Roleen Olivier.

Die twee leerders was deel van die Certisure o.11-uitnodigingspan waarvan Armand die kaptein was.

Die seuns het vier wedstryde gespeel in onderskeidelik Dublin, Limerick en Cork. Ten spyte van die nat en koue toestande is daar puik rugby gespeel en die Suid-Afrikaanse spanne was meestal aan die wenkant. Xander en Armand het met hul puik spel kop en skouers bo die ander seuns uitgestaan.

“Rappies is baie trots op die seuns en ‘n groot toekoms word vir hulle voorspel,” het onderwyser Ian Flemming gesê. Hy het die span afgerig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button