School sportSport

Ram se boog-boffins

Drie Ram-leerders ontvang erkenningsertifikate in boogskiet.

Boogskiet is nou ‘n erkende sport by Laerskool Randfontein. Dit sal vanjaar vir Graad 4ā€“7-leerders by die skool aangebied word.

Drie van die skool se leerders wat buite skoolverband aan die sport deelneem, het onlangs erkenningsertifikate vir boogskiet tydens ‘n saalopening ontvang het.

Deanay Esterhuizen het erekleure verwerf vir haar prestasie om as lid van die Gautengse Boogskietspan te kon meeding. Sy het aan die Nasionale Boogskietkompetisie deelgeneem en ā€˜n algehele derde plek in haar graadverband verwerf. Donavan van der Poel en Kaleb Staflue het onderskeidelik deelname- en verdienstesertifikate ontvang.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder is boogskiet ā€˜n sport wat oor die afgelope 10 jaar baie ontwikkel het.

“Die sportsoort is nou by die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) geaffilieer. Die leerlinge neem deel in hul skoolkleure en verteenwoordig hul skool. Boogskiet voldoen aan al die vereistes van Ram se prysuitdelingsbeleid en daarom word dit van vanjaar af by die skool aangebied. Sodoende stel Ram hul leerlinge aan nog ā€˜n groter verskeidenheid sportsoorte bloot.”

Leon Haupt, die skoolhoof en die personeel is uiters trots op die leerders en hoop dat daar in die einde van 2018 baie meer leerders erkenning in die sport gaan ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie?Ā Stuur gerus vir ons ‘n e-pos naĀ randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook onsĀ Facebook, TwitterĀ enĀ InstagramĀ blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button