Ram hou pure atletiekpret vir Graad 1’s

Geen wêreldrekords was op die spel tydens Laerskool Randfontein se Graad 1-atletiekdag nie maar daar was ook nie 'n gebrek aan selfvertroue nie.

Geen wêreldrekords was op die spel tydens Laerskool Randfontein se Graad 1-atletiekdag nie maar daar was ook nie ‘n gebrek aan toewyding nie.

Die byeenkoms is op die skool se sportgronde op Dinsdag, 23 Januarie gehou.

Graad 1’s in aksie tydens die 80- en 100-meterkortafstandwedlope.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder is die idee om leerders aan ‘atletiek’ bloot te stel en hul belangstelling daarin te prikkel. “Wie weet, miskien is een van hulle ‘n toekomstige Olimpiese medaljewenner!”

Graad 1’s in aksie tydens die 80- en 100-meterkortafstandwedlope.

Die Graad 1’s het deelgeneem aan 80- en 100-meterkortafstandwedlope, spiesgooi met ‘n sagte pyl (waarmee kinders gewoonlik in ‘n swembad speel), gewigstoot met ‘n lemoenpampoentjie, verspring, aartappel-hardloop, waterbalongooi en sakresies.

Onderwysers asook Graad 7-leiers was deel van die pret.

Die dag is afgesluit met ‘n uitdaagaflositem tussen ouers, Graad 7-leiers en onderwysers. Volgens Annie was dit iets om te onthou.

Die Graad 1-atletiekseun en -dogter van die byeenkoms is ook aangewys.

Graad 1’s in aksie tydens die 80- en 100-meterkortafstandwedlope.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version