School sportSport

Riebeeckrand hou Interhuis

Dit is wonderlik om te sien hoe begeesterd Riebeeckrand se leerders aan die items deelgeneem het – Elzeri Wright.

Hoërskool Riebeeckrand het op 23 Januarie hulle jaarlikse middag/ aand-interhuisatletiekbyeenkoms gehou.

Dit het die ouers die geleentheid gegee het om hulle kinders op die baan en die veld in aksie te sien.

Die Oranjespan se dirigente lei die geesvang. Foto: Gestuur.

“Die leerders het in hul onderskeie spanne – die Wit-, Blou- en Oranjespan – geesgevang en die atlete aangemoedig en toegejuig. Die personeel het met ‘n geesvangitem verras en die leerders het dit vreeslik geniet,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Dit is wonderlik om te sien hoe begeesterd Riebeeckrand se leerders aan die items deelgeneem het en hul beste gegee het, het sy vertel.

Die Blouspan-dirigente was uitgevat in verskillende uitrustings. Foto: Ingestuur.

Die twee leerders wat die bekers vir die beste individuele prestasie ontvang het, is Brandon Badenhorst (o.16) en Nicola van der Merwe (o.15). Albei leerders het uitsonderlik presteer in hul onderskeie hoogspringitems.

Die Junior Victrix Ludorum is Chiané Visagie (o.15) en die Junior Victor Ludorum is Johan Peyper (o.15). Danielle Malan (o.19) is aangewys as die Senior Victrix Ludorum en Gerhard Vorster (o.19) as die Senior Victor Ludorum.

“Janco Tiedt, Riebeeckrand se sportbestuurder, is opgewonde oor vanjaar se atletiekseisoen. Die atlete is reeds hard aan die oefen en gereed om met atlete van ander skole mee te ding,” het Elzeri ten slotte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button