School sportSport

Jannas slaggereed vir Interhoër

Jannas het onlangs hul Interhuis aangebied en is slaggereed vir die Interhoër in Sasolburg op 13 Februarie.

Nuwe talent is tydens Hoërskool Jan Viljoen se Interhuisatletiekbyeenkoms op Vrydag, 19 Januarie ontdek.

Die atletiekseisoen is dié dag amptelik afgeskop toe die onderskeie grade met mekaar meegeding het,” het skoolwoordvoerder Tamaryn Smith vertel.

Daar was veral opgewondenheid oor die nuwe Graad 8-atlete wat die oë laat rek het en dan natuurlik die senioratlete wat soos altyd gewys het wat in hulle steek.

Behalwe dat kragte op die baan en veld gemeet is, is daar tussen 10vm en 10.30vm geesgevang. Varsity Sports, NWU en Twizza (die borge van die geleentheid) het ‘n opname daarvan gemaak.

Die Graad 10-groep het as wenners vir die dag weggestap.

Zurica van Heerden is as die Junior Victrix Ludorem, Freddy Friggins as die Junior Victor Ludorem, Angelique van Niekerk as die Senior Victrix Ludorem en Arno Jansen van Vuuren as die Senior Victor Ludorem aangewys.

“Als was ter voorbereiding van die Interhoër wat op Dinsdag, 13 Februarie in Sasolburg gaan plaasvind,” het Tamaryn gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button