Local sportSport

Na 20 jaar is die rolbaltoernooi terug

Die dames van Randfontein het die ander klubs tuis laat voel en bederf met heerlike eetgoed.

Die Randfontein Rolbalklub was op Dinsdag, 21 November na 20 jaar weer die gasheer van een van die byeenkomste van die Sables Rolbalvereniging se seniordamesliga.

Dit was vir Randfontein se seniordames ‘n groot voorreg en ook ‘n hoogtepunt omdat die liga 20 jaar gelede in Randfontein ontstaan het. Die dames van die ander klubs was veral in hul noppies omdat hulle die dag op ‘n ander baan kon speel.

Die liga behels vyf byeenkomste waarvan Dinsdag s’n die derde een was. Nagenoeg 80 vroue van 60- tot 80-jaar oud wat lede van die onderskeie klubs in Krugersdorp, Roodepoort en Randfontein is waaruit die Sables Rolbalvereniging bestaan, het deelgeneem.

Doreen O’Donghue.

Volgens Vera Pretorius, president van die klub het die Randfontein-vroue reeds drie van die vyf ligabyeenkomste gewen.

“Die vier dames van Randfontein het teen vorige provinsiale spelers gespeel en hulle uitgestof,” het Vera gesê. Die finaal sal in Januarie by die Discovery Klub plaasvind.

Die Herald het met van die spelers gesels. Een van hulle, Lizzy de Lange, is blind maar dit keer haar nie om uithalerspel te lewer nie.

Die plaaslike dames het die spelers van die ander klubs laat tuis voel en met heerlike eetgoed bederf. Vera het aan die Herald vertel dat die dag ‘n groot sukses was en dat hulle graag meer byeenkomste sou wou aanbied.

Die klub nooi die hele gemeenskap om die klub te ondersteun en ook self te speel, omdat rolbal ‘n heerlike familiesport is en ook baie pret bied.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button