School sportSport

Ram se o.9’s is Gauteng-Wes-ligawenners!

Afrigter oor sy kampioenspan: Elke speler het sy hart uitgespeel en net sy beste gegee.

Laerskool Randfontein se o.9-krieketspan is onlangs as Gauteng-Wes-ligawenners aangewys.

“Ses van ons spelers het ook die Randwes-span gehaal en vier van hulle het boonop vir die Gauteng-Wes-span gekwalifiseer,” het Patrick Masser, die afrigter gesê.

Die Gauteng-Wes-spelers is Quinton Nel, James Durant, Dian Taljaard en Peet Fourie.

Hy het verder vertel dat elke speler sy hart uitgespeel en net sy beste gegee het, en dat hy en sy mede-afrigter, Francois van Tonder, baie trots op almal is.

Die span het uit die volgende seuns bestaan:

• Dian Taljaard

• Peet Fourie

• De Wet Kriel

• Quinton Nel

• Mornay Kruger

• James Durant

• Janco van Eck

• Tristian Rodigues

• Marcel van den Berg

• Brendan Venter

• Ethan Ferreira

• Lee-Howard Makgae

• Ethan Williams

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button