Riebeeckrand se eie gimnastiek ster

Dit was vir Vignette ‘n groot eer en ‘n ongelooflike ervaring om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te kon deelneem.

Vignette Jansen van Rensburg, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Riebeeckrand, het die droom wat sy verlede jaar gehad het om ‘n gimnas te word, dié jaar bewaarheid.

“Vignette het verlede jaar met gimnastiekklasse begin. Sy het hard geoefen en alles ingesit om vanjaar aan kompetisies te kon deelneem,” het Elzeri Wright, Riebeeckrand-woordvoerder gesê.

Aan die begin van dié jaar het sy aan haar eerste kompetisie deelgeneem en ‘n vyfde plek behaal. Sedertdien het Vignette by die dag sterker en beter geword en gekwalifiseer om aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem.

Vignette Jansen van Rensburg, het haar droom bewaarheid. Foto: Ingestuur.

By dié kampioenskappe het die talentevolle Riebeeckrander ‘n eerste plek in die Vault-afdeling (perdafdeling) en ‘n algehele vyfde plek behaal. Dit was genoeg om haar plek by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verseker.

Dit was vir Vignette ‘n groot eer en ‘n ongelooflike ervaring om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te kon deelneem. Sy sien daarna uit om verder in gimnastiek te vorder. Sy beplan om volgende jaar weer die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te haal en onder die top drie te eindig.

“Riebeeckrand is baie trots op Vignette en haar uitstekende prestasie,” het Elzeri gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version