Local sportSport

Nog medaljes vir Eagles Stoeiklub

Pluimpie vir Eagles Stoeiklub se bestuur, afrigter, stoeiers en ouers nadat hulle as die toegewydste klub aangewys is.

Die Eagles Stoeiklub het die afgelope paar maande tydens verskeie kompetisies presteer.

Die stoeiers het onder andere aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, klub- en medaljetoernooi deelgeneem.

Drie van die stoeiers is vir die Sentraal-Gautengspan gekies wat die streek by die SA-kampioenskappe verteenwoordig het.

Aldre Groenewald het vierde geëindig in die Grieks-Romeinse afdeling en ‘n bronsmedalje in vrystyl verower. Carl Barnard het ook ‘n bronsmedalje in vrystyl ingepalm. PJ Fourie het ook deelgeneem.

Volgens Gawie Erasmus, die afrigter, was dit die eerste keer dat Carl en PJ aan die SA’s deelgeneem het, en is hy baie trots op sy stoeiers.

“Daar was omtrent 400 stoeiers van oral in die land by die toernooi,” het Gawie vertel.

Op Saterdag, 14 Oktober het die stoeiers aan die klub- en medaljetoernooi in Fochville deelgeneem waar almal uitstekend presteer het.

Matteo Krog en PJ het albei goud verower, en Carl het ‘n silwermedalje in die Grieks-Romeinse afdeling asook ‘n bronsmedalje vir vrystyl gewen. Verder het Aldre ‘n silwermedalje in beide die Grieks-Romeinse en vrystylafdelings verower.

Op Saterdag, 4 November is Eagles-stoeiers tydens die Sentraal-Gauteng Stoeivereniging se 2017-prysuitdeling vereer.

“Ses klubs vorm deel van die Sentraal-Gauteng Stoeivereniging en ons is trots om te sê dat ons die trofee gekry het as die toegewydste klub,” het Gawie gesê.

Aldre, Carl en PJ het tydens die prysuitdeling ook hul provinsiale kleure ontvang.

Die klub is baie trots op die stoeiers se prestasies en glo dat hulle nie so suksesvol sou wees sonder die klub se bestuur, afrigter, en hul ouers se bydrae nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button