School sportSport

Riebeeckrand se boogskutters regte Robin Hoods!

Die leerders ontvang uitstekende afrigting en hul prestasies weerspieël dit," het Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Sewe Riebeeckranders het van 4 tot 9 Oktober aan die Nasionale Boogskietkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem en uitgestaan.

Francois Martins, Megan Robins, Jacques de la Rouviere, Keanan Clark-Haltett, Jayden Esterhuizen, Janell Rossouw en Morné de la Rouviere is die Riebeeckranders wat onder die Gauteng-boogskietspan se 16 boogskutters was.

“Dié sportsoort het oor die laaste paar jaar toenemend gegroei en al hoe meer leerders neem nou aan boogskiet deel. Hulle ontvang uitstekende afrigting en hul prestasies weerspieël dit,” het Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Megan het tydens die kampioenskappe ‘n eerste plek onder die Graad 11-dogters en ‘n tweede plek Nasionaal behaal. Keanan het ‘n tweede plek onder die Graad 8-seuns behaal. Megan en Francois is in die Proteaspan opgeneem en gaan volgende jaar aan die Afrika- en Wêreldkampioenskappe deelneem.

Hoërskool Riebeeckrand spog graag met al hul boogskutters wat deur die loop van die jaar hul beste gelewer het en is ongelooflik trots op Megan en Francois.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button