Rappies beleef ‘n puik jukskeiseisoen

Daar is 17 Rappies-leerders na die proewe vir die Wes-Rand-span genooi.

Laerskool Rapportryer het ‘n baie suksesvolle jukskeiseisoen gehad nadat hulle 11 spanne in die onderskeie ligas ingeskryf het.

“Die spanne het uitstekend gevaar,” het Roleen Olivier, die skool se woordvoerder gesê. Die o.11B1-seuns en o.11B1-dogters was ligawenners in die o.11-afdeling waar hulle aan aksiejukskei deelgeneem het. Die o.11A-seuns en -dogters was naaswenners. Die o.11B2-dogters was derde.

“Ons o.13A-seuns was ook naaswenners en ons o.13A-dogterspan was derde. Die o.13B-dogters was naaswenners en o.13B-seuns was derde. Al hierdie spanne het medaljes ontvang,” het Roleen vertel.

Daar is 17 Rappies-leerders na die proewe vir die Wes-Rand-span genooi. Die volgende leerders is uiteindelik gekies vir die Wes-Rand-span wat op 14 Oktober in Boksburg aan Bondedag gaan deelneem:

o.13A’s: Schalk Brits, Q’hanri Nel en Jessica Mans

o.13B’s: Zian Deysel, Chrizel van Zyl en Megan Joubert

Laerskool Rapportryer is baie trots op hul jukskei-uitblinkers.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version