Modder en stof net waar jy kyk met 4×4’s

Veldrenliefhebbers en 4×4-entoesiaste kon nie wag om hul voertuie op al die hindernisse te toets tydens EPR Sekuriteit se jaarlikse familiedag nie.

Avontuurlustiges het ‘n onvergeetlike dag op Droogeheuwel-plaas geniet toe hulle die jaarlikse EPR 4×4-byeenkoms bygewoon het.

Nagenoeg 47 viertrekvoertuie het in drie uitdagende kategorieë deelgeneem wat tien strawwe hindernisse ingesluit het. Die kategorieë was vir voertuie met bande kleiner as 33 duim, voertuie met bande groter as 33 duim en die uiterste klas.

Volgens Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR was die laaste hindernis die uitdagendste van die lot en beslis nie maklik nie.

“Dié hindernis was die bekende moddergat wat altyd vir groot pret en plesier vir die deelnemers en die toeskouers sorg,” het Johan gesê.

Die EPR 4×4 Pretdag is ‘n jaarlikse byeenkoms ten bate Die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort. Die aanwesiges is verder getrakteer met musiek deur Tanya V, Brendan Peyper, Franna en ander plaaslike kunstenaars. Die sangers is deur die Ben Morgenrood-groep geborg. Volgens Johan het verskeie borge dit moontlik gemaak dat die wenners elk ‘n prys kon ontvang.

Oud en jonk het die dag terdeë geniet. Veldrenliefhebbers en 4×4-entoesiaste kon nie wag om hul voertuie op al die hindernisse te toets nie. Dit was net modder en stof waar jy kyk, maar dit was duidelik dat almal hulself geniet het.

Die wenners is elke kategorie was as volg:

Bande kleiner as 33 duim: Pieter Johnson

Bande 33 duim en groter: Herbert Schonken

Uiterste klas: Jacques Swart

EPR bedank almal wat bygedra het tot ‘n suksesvolle dag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version