R’fontein slaggereed vir nuwe krieketseisoen

Die nuwe seisoen begin amper en Randfontein Krieketklub is slaggereed om hul beste tot nog toe te gee.

Met die krieketseisoen ‘n klipgooi ver is Randfontein Krieketklub slaggereed om hul beste tot nog toe te gee.

Die klub bestaan ongeveer 78 jaar en beplan om vanjaar groot opslae te maak. Die klub het ook ‘n nuwe kaptein, Gavin Carelse. Gavin het groot planne en drome vir die klub en wil graag nuwe tradisies skep.

NEWSPAPER ONLY — Gavin Carelse, die nuwe klubkaptein.

“Ek wil graag hê dat families na die klub en na wedstryde toe kom. Mense moet kom braai en gesellig wees langs die krieketveld wanneer daar heerlik na ‘n wedstryd gekyk word,” het Gavin gesê.

Die klub het tans ongeveer 70 lede van die ouderdom van nege tot 37, en beoog om dié seisoen nog spelers te werf. Gavin glo dat die klub vir spelers die geleentheid bied om te ontwikkel om volwaardige krieketspelers te word.

Die klub gaan dié seisoen aan die volgende ligas deelneem:

• Prem B

• President B

• SA 1

• SA 6

• SU3

• SU7

Volgens Gavin het die klub topgehalte-afrigters wat die dryfkrag agter die klub is. Hy het ook vertel dat klubkrieket van skolekrieket verskil en dat albei gespeel kan word.

“Ek wil graag hê dat spelers na my opkyk omdat ek so ‘n groot passie en liefde vir die sport het,” het Gavin gesê.

‘n Krieketspeler behoort volgens Gavin die volgende eienskappe te hê:

• Passie vir die sport

• Liefde vir die sport

• Toewyding

• Volharding

Die spelers oefen tans op Dinsdae en Donderdae van 4nm tot 6nm asook Saterdae-oggende van 8vm tot 10vm (vir o.11- en o.13-spelers) asook Sondae-middae van 2nm tot 4nm vir die ouer spelers.

• Navrae: Kontak Gavin by 074 586 8075 of 071 168 1081.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version