Local sportSport

Haaie-akademie hier kom Donavan

Riebeeckrand se eie Donavan Jonker, 18, aanvaar aanbod van Haaie-akademie vir 2018.

Donavan Jonker, 18, eet, slaap en leef rugby reeds van sesjarige ouderdom af.

Donavan is tans ‘n matriekleerder aan Hoërskool Riebeeckrand. Hy oefen ses dae ‘n week vir twee uur lank om sy passie en droom ‘n werklikheid te maak.

Donavan Jonker glo dat ‘n rugbyspeler altyd nederig moet wees.

Donavan het reeds verskeie hoogtepunte in sy rugbyloopbaan beleef maar hy voel dat die aanbiedinge vir beurse wat hy onlangs van die Haaie- en die WP-akademie ontvang het, boaan sy lys is.

Vir drie jaar in ‘n ry was Donavan lid van die Bokkieweek-span waar hy as buitesenter uitgedraf het. In 2016 het hy ‘n ernstige besering opgedoen toe sy milt gebars het. ‘n Verdere terugslag was toe sy linkerlong tydens ‘n operasie platgeval het.

“Dokters het vir my gesê dat dit die einde van my rugbyloopbaan is maar ek het opgestaan en deurgedruk,” het hy gesê.

Donavan het intussen besluit om ‘n beurs van die Haaie-akademie vir 2018 te aanvaar.

Donavan Jonker glo dat ‘n rugbyspeler altyd nederig moet wees.

Vir hom is rugby nie net ‘n passie nie maar ‘n leefwyse. Hy glo dat ‘n rugbyspeler vasberade, gedissiplineerd, nederig en doelgerig moet wees om suksesvol te wees.

Donavan beplan om in die toekoms voltyds rugby te speel en om eendag in ‘n Springbok-trui uit te draf.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button