Silwer vir Riebeeck se jukskeidogters tydens SA’s

Hoërskool Riebeeckrand se o.19-dogtersjukskeispan is as tweede beste in die land aangewys.

Hoërskool Riebeeckrand se o.19-dogtersjukskeispan het Gauteng met trots tydens die SA Jukskeikampioenskappe verteenwoordig. Die kampioenskappe het tydens die Julie-skoolvakansie in Durban plaasgevind.

Bernadine van der Merwe, Rozelle Masser, Ju-hanie Wilken, Marianca Masser en Janeske Venter is die vyf dogters wat as die tweede beste span in die land aangewys is en met ‘n silwermedalje teruggeker het.

Dis nie al nie. Janeske, Ju-hanie en Marianca het met goud weggestap nadat hulle as die beste trips-span in SA aangewys in.

Dit kom als nadat die dogters in Mei aan die Gauteng Jukskeiproewe deelgeneem het en as die wenners gekroon is. Hulle is toe as die Gauteng-skolespan aangewys.

“Dit is voorwaar ‘n puik prestasie. Ons is baie trots op ons dogtersjukskeispan wat die leuse ‘Voluit vir Riebeeckrand’ nastreef,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Hoërskool Riebeeckrand is bekend vir hul goeie jukskeispelers en hul prestasies vanjaar het dit beklemtoon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version