Riebeeck se Gauteng-ruiter

Graad 11-leerder van Hoërskool Riebeeckrand verwerf tweede keer Gauteng-kleure.

Christy Duvenage, ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Riebeeckrand is Suid-Afrika se jongste friesperdteler en boonop ‘n uitstekende ruiter.

Christy Duvenage, ‘n ruiter van formaat. Foto: Ingestuur.

Volgens Christy leef sy haar passie vir perde elke dag uit.

Christy het vanjaar vir die eerste keer die Fauresmith-uithourit aangepak en die 204km-rit in 12 uur voltooi.

Christy Duvenage lewe haar passie uit. Foto: Ingestuur.

Christy se puik prestasie het haar plek in die Gauteng-skolespan verseker – die tweede keer dat sy Gauteng-kleure verwerf. Sy is opgewonde om in Oktober as lid van die skolespan aan die Nasionale Kampioenskappe in Heidelberg te gaan deelneem.

“Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Christy wat haar passie uitleef en besondere prestasies daarmee behaal,” het Elzeri Wright, Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version