Bokkieweek-sukses vir Jannas-voorspelers

Twee rugbyspelers van Hoërskool Jan Viljoen het twee onderskeie SA Bokkieweek-spanne gehaal na afloop van die provinsiale toernooi.

Twee rugbyspelers van Hoërskool Jan Viljoen het die afgelope skoolvakansie opslae gemaak.

Wynandré Humanv (slot) en BJ van der Merwe (vaskopstut) het van 10 tot 14 Julie aan die provinsiale Bokkieweek deelgeneem wat deur die organisasie Afrikaner Volkseie Sport (AVS) by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit (Mookgophong) aangebied is.

Albei het die Transvaalse o.19-span verteenwoordig. Die span het algeheel derde uit 16 spanne geëindig en onder andere vir Noord-Transvaal geklop.

“Tydens Bokkieweek werk ons nog volgens die ou provinsies. Dit is nog ‘n geleentheid vir goeie spelers om in die Julie-vakansie aan ‘n rugbytoernooi deel te neem,” het Magdie Vermeulen, president van Transvaal-provinsie verduidelik.

BJ is na afloop van die toernooi in die SA Bokkiespan opgeneem en Wyandre het die SA Bokkiespan se XV-tal gehaal.

Die SA Bokkiespan gaan in Oktober in Duitsland toer.

“Rugby is ‘n groot passie vir my en ek is trots op dit wat ek bereik het,” het BJ gesê.

Albei spelers beplan om van rugby ‘n loopbaan te maak en is vasbeslote om hard te werk om hul drome te bewaarheid.

Jannas is baie trots op dié leerders se prestasies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version