School sportSport

Rappies se hengelprinses

'n Graad 5-dogter van Laerskool Rapportryer kan hengel.

Wie sê net seuns kan hengel?

Chanike Albrecht, ‘n Graad 5-leerder van Laerskool Rapportryer kan hengel en doen dit al sedert die ouderdom van drie.

Volgens die skool was sy van kleins af al ‘n uitblinkertjie en het jaarliks ‘n beker ontvang vir hengel by die King Fisher Hengelklub in Vereeniging.

Chanike is in 2016 gekies om die Gauteng-span te verteenwoordig. Tydens die kompetisie het sy goud verower en is as die beste algemene hengelaar in haar ouderdomsgroep aangewys.

Daarna het gekose hengelaars aan die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie-toernooi deelgeneem om hul kleure te verwerf.

Chanike was een van die uitblinkers en kwalifiseer nou om Suid-Afrika in Oktober te verteenwoordig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button