School sportSport

Die ringbalkoning van Jannas

Gideon, 18, het op 16 Julie weer sy Suid-Afrikaanse kleure in ringbal in Nelspruit verwerf.

Jannas-leerder Gideon Nagel het die afgelope skoolvakansie tydens die Nasionale Ringbalkampioenskappe gewys wat in hom steek.

Gideon, 18, het op 16 Julie sy Suid-Afrikaanse kleure in ringbal by dié kampioenskappe in Nelspruit verwerf. Gideon was in die o.20-span wat teen o.23-spanne van oor die hele Suid-Afrika gekompeteer het. Sy span het uiteindelik met ‘n algehele derde plek weggestap.

Dit die tweede keer dat Gidoen die Suid-Afrikaanse span haal. Sy volgende doelwit is om sy plek te verseker in die Protea-toerspan wat Indië toe gaan.

“Ringbal is ‘n baie lekker sport en ek geniet dit baie,” het Gideon gesê.

Hy oefen twee keer per week en speel elke Saterdag saam met sy spanmaats wedstryde teen verskeie spanne. Na vier jaar se betrokkenheid by die sport beplan hy om nog hoër hoogtes te bereik. Hy het gesê dat hy enigeen sal aanraai om die sport te beoefen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button