Local sportSport

R’fontein se reuse slot speel vir Goue Leeus by Cravenweek

Sy bynaam is Kwagga, nes die bielie van 'n losvoorspeler Kwagga Smith en hy sal vir die Goue Leeus se o.18 Cravenweekspan uitdraf.

Cristen van Niekerk, bekend as Kwagga, het weer naam gemaak in rugbykringe.

Dié reuse slot van 1,91m en 105kg is lid van die o.18 Goue Leeus Cravenweek-span. Die gewilde en jaarlikse toernooi vir skoolseuns skop op Maandag, 17 Julie by St Stithians in Johannesburg af. Die Goue Leeus-span se eerste kragmeting is teen Grens. Daar word groot verwagtinge aan die Goue Leeus-span gestel en hulle is saam met die WP-span die gunstelinge om die toernooi te wen.

Cristen het op sesjarige ouderdom as Ramkriekie by Laerskool Randfontein begin rugby speel.

Volgens sy familie het hy reeds op daardie jong ouderdom sy talent vir die spel getoon en was gereeld die kaptein van die Ram-rugbyspanne waarin hy gespeel het. Rugby is sy passie en hy glo dat harde werk op die ou end beloon sal word.

Kwagga het aan die begin van die jaar ‘n ernstige besering opgedoen en is vandag dankbaar dat hy weer kan rugby speel.

“Die Cravenweek is ‘n groot bonus aangesien dokters vir my gesĂª het dat ek vir ses maande nie sal kan speel nie – tensy ‘n wonderwerk gebeur.

Geloof, harde werk en ondersteuning van familie, vriende en my skool het my na slegs drie maande weer terug op die veld gekry,” het Kwagga vertel.

Hy glo dat as mens goed genoeg is en hard werk, jy jou drome kan bewaarheid. Sy droom is om eendag die Springbok-trui oor sy kop te trek. Hy oefen tans twee maal ‘n dag vir ‘n uur of twee, ses dae ‘n week. “Dit is belangrik om jou rugby te geniet, want as dit soos moeite begin voel, sal jy dit nie kan volhou nie,” het hy gesĂª.

Kwagga wil graag jong opkomende spelers aanmoedig om nooit handdoek in te gooi nie en om hul drome na te jaag.

Sy leuse is nie verniet “harde werk word beloon” en “hard work beats talent, unless talent works hard” nie.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button