School sportSport

Ram-eerstes weer netbalkoningin

Rammies se eerstenetbalspan doen dit weer! Hulle wen hul tweede agtereenvolgende netballigatitel.

Laerskool Randfontein se eerstenetbalspan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as ligawenners gekroon.

Nie eers Maragon Private Schools, Dalmondeor of Kenmare kon in hul pad staan nie.

Gedurende die April-skoolvakansie was die span by die Konka-kamp en jaarlikse netbaltoernooi om hulle vir die liga voor te berei, waar dit goed gegaan het. Melinda van Heerden, trotse afrigter het gesê, “Rammies is ‘n krag in netbal en met ons moet jy nie sommer mors nie”.

Die span het boonop deurgedring na die Gauteng-semifinale en ‘n algehele vierde plek behaal. “Daar was strawwe kompetisie, maar niemand het oor ons geloop nie en ons het dit ook nie vir iemand maklik gemaak om ons te klop nie,” het Melinda verduidelik.

Ram se eerstenetbalspan in aksie tydens die Gauteng-semifinale. Foto ingestuur.

Sy skryf hul sukses toe aan fiksheid, toewyding asook emosionele voorbereiding. Sy het vertel dat die harde, lang oefensessies en reeks voorbereidingswedstryde taai was, maar dat dié o.13-groep dogters dit met ywer aangepak het.

“Dit was beslis anders as in die o.12-jaar. ‘n Mens besef nie regtig hoe ‘n groot tol leierskap en Graad 7 eis totdat jy eers self daar is nie. Soms was dit moeilik om almal gelyk by oefeninge te kry omdat almal soveel ander verpligtinge vir die skool moes nakom, maar een ding was seker, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Die meisies het hard geoefen en nog harder gewerk om spangees te bou.

“Ons harde werk is beloon en ons kon ook wegstap met die titel as ligakampioene! Ram is trots op elke netbalspeelster wat haar hart uitgespeel het.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button