Local sportSport

Rolbal, ‘n sport vir almal

Die Herald het onlangs by die Randfontein Rolbalklub gaan inloer waar tot die jong mense in aksie was.

Op Sondag 25 Junie het ongeveer 45 gemeenskapslede, oud en jonk pret gehad op die rolbalbaan.

Die Randfontein Rolbalklub wil graag lede werf, daarom hou hulle gereeld pretdae waarheen die hele gemeenskap uitgenooi word om te kom speel.

Al kan jy nie rolbal speel nie en jy wil graag leer, dan leer ons jou speel,” het president Vera Pretorius gesê.

Die klub verskaf tydens die pretdae heerlike pap, souse en ook slaaie. Die spelers bring hulle eie vleis om te braai en kuier gesellig saam. Die lede het besluit om verlede Sondag die spelers met potjiekos te bederf. Die klub se jongste speler is slegs 12 jaar oud en sy geniet dié sport baie.

Piet Lubbe in aksie.

“Die sport is letterlik vir alle ouderdomme. Ek geniet dit baie om te speel,” het Leila Snyman gesê.

Die klub het ook onlangs besluit om die kroeg op Vrydae-aande tussen 6nm en 8nm oop te maak sodat die gemeenskap daar kan kuier. Sondae gaan die kroeg ook vanaf 12nm oopgemaak word sodat lede kan kom speel en braai.

Piet Lubbe het aan die Herald vertel dat hy die gemeenskap aanmoedig om aan die sport te kom deelneem. Hy het ook gesê dat die lede goed met mekaar oor die weg kom en dat die atmosfeer aangenaam is.

Interessante feite oor die sport:
• Dit is ‘n familiesport
• Dit is ‘n sosiale sport
• Dit is baie gesellig
• Die sport is nie duur nie
• Alle ouderdomme kan speel

Persone wat graag meer oor die klub wil uitvind kan vir Vera kontak by 082 779 5177.

Leila Snyman is slegs 12 jaar oud en geniet die sport baie.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button