Ram bo teen Rappies in eerstespan-tweestryd

Ram-eerstespan klop Rappies 24–17 in taai tweestryd.

Dit is Laerskool Randfontein wat breëbors kan rondloop nadat hul eerstespan vir Rappies 24–17 geklop het.

Dit was Ram se sewende agtereenvolgende oorwinning oor sy Randfontein-teenstander. Nege Ram- en Rappies-spanne het dié dag koppe gestamp. Ram se o.9A’s, o.9B’s, derdes en tweedes was ook aan die wenkant.

Gert-Louw Basch vang die bal in die lynstaan.

Die eerstespanne was in ‘n strawwe wedstryd gewikkel wat heeltyd op ‘n mespunt gebalanseer het en eintlik enige kant toe kon gaan.

Die hele skool het hul eerstespan behoorlik ondersteun. Daar is ‘n reuse tonnel gevorm waardeur die spelers op die veld gedraf het. Huidige, oud-, en toekomstige leerders het erewag gestaan en het die spelers soos ware kampioene laat voel.

Volgens Annie Nola, Ram-woordvoerder, is Francois Coetzee, ‘n onderwyser by die skool, die groot dryfkrag agter die rugbysukses en weet net hoe om die spelers te motiveer. Hy het al die spelers die oggend voor die wedstryde toegespreek en gemotiveer. Sy woorde is ter harte geneem.

Zayd Joubert neem ‘n vryskop waar.

Die kaptein van die Ram-eerstespan wat hul betrokke groep in die liga gewen het, Karl Engelbrecht, glo dat ‘n positiewe gesindheid die sleutel tot hul sukses was. Die eerstespan word deur Thinus Nortje en Hannes Muller afgerig.

Die seuns is geleer hoe om in ‘n span saam te werk,” het Annie gesê.

Die hoof, skool, onderwysers en afrigters wens graag die leerders geluk met die besonderse prestasie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version