School sportSport

Riebeeck se Pirates vanjaar kookwater

Die Hoërskool Riebeeckrand-tweederugbyspan, beter bekend as die Pirates, is kookwater en beleef 'n uitstaande 2017-seisoen.

Hoërskool Riebeeckrand se tweederugbyspan, beter bekend as die Pirates, het vanjaar opslae gemaak. Hul uitslae spreek boekdele.

Pirates is vroeër vanjaar as die wenners van die NWU Vaal Pukke-reeks gekroon. Hulle het ses wedstryde gespeel en vyf gewen. In die eindstryd het hul vir Alberton 12–5 geklop.

Hierna is hulle as ligawenners aangewys nadat hulle weer ses gespeel en vyf gewen het.

Christoff Kleyn is kaptein van die tweederugbyspan. Foto: Ingestuur.

Hul liga-uitslae is as volg:

• Klop Bastion 24–5
• Klop Jan Viljoen 28–8
• Klop Dinamika 43–14
• Klop Randburg 24–12
• Klop Linden 19–5
• Verloor teen Alberton 19–13

Hoërskool Riebeeckrand bedank graag elke leerder, ouer en alle ander wat die rugbyspanne deur die loop van die rugbyseisoen kom ondersteun het.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button